MOSSELBAAI NUUS - George Hengelklub se jaarlikse Deurnag Derby in samewerking met Xtreme Fishing vind komende Saterdag, 17 Februarie, plaas.
Daar is twee afdelings waarin meegeding word naamlik rots- en strandhengel en riviere en mere.
Daar is pryse vir juniors onder 16 jaar, vroue en seniors.
Met dié kompetisie wil die organiseerders die hengelgemeenskap bewus maak daarvan om vis vry te laat om sodoende die bronne te beskerm.
Die hengelarea strek vanaf Natures Valley tot Witsand. Die waarde van die prysgeld beloop R80 000.
Inskrywingskaartjies is beskikbaar teen R100 elk by die volgende winkels: Xtreme Fishing, Outfitters (George) Xtreme Outdoors, JJ Marine, Stil Fishing (Mosselbaai), Hookers (Sedgefield), Breezers (Knysna) of aanlyn by deurnagderby@gmail.com. Vir enige navrae (044 874 1870).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’